Vuur van Verlange

23c365f6af44dd8272a6b5fd1d1f9938
from Pinterest.com

Die vuur van verlange in my hart is aan die brand,

en elke dag worstel ek met die vraag: Hoe lank?

Nog altyd bly ek sterk – ek hou my trane droog.

Hoe verwag jy dat ek moed moet hou, so hoog?

 

Ek hou aan probeer. Ek belowe ek staan sterk,

maar frustrasies maak dat ek harder moet werk.

Met my hele hart, siel en wese het ek jou lief,

maar die realiteit is; dat tyd, is ons vyand en dief.

 

Die hartseer van verlange is nou diep ingebrand.

Die onregverdigheid, die vlam – gooi dit met sand.

Jy is my glimlag, my vreugde en die tyd van my dag.

Vir altyd wil ek joune wees. Laat my toe, as ek mag?

 

Dié verlange onderduk deur die idee van die toekoms.

Nogsteeds, “Hoekom nog so lank?” wonder ek soms,

want langs my; aan my sy, is presies waar jy hoort.

Geen ander tyd soek ek, as saam jou – die enigste soort.

 

Kom terug na my! My hart en arms hunker na jou lyf.

Die verlange probeer jou verder van my af wegdryf.

Jy is die een – my hart, my geliefde en my vriend,

en net saam jou, is hoe ek my lewe (my tyd) kan sien.

 

© Ilka Steyn, 2016. Alle regte voorbehou.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s