My Soektog na Jou

Geïnspireer deur die woorde van Antjie Krog.

3280bf846d09b8e61c1c26871a6f0342
Sailboat by Kelly Bermudez

 

Met my padkaarte en ‘n kompas wat wys na die noorde,

is dit die begin van my soektog na jou; my verlore woorde.

Gereed om my seile te stel in die see van onsekerheid.

Op dié horison, begin die reis van ek en jy: dit is tyd.

 

“Dis stormwaters, kaptein!” skree my gedagtes uit,

met die kennis: dis waarvoor hierdie boot gemaak is.

Die oorverdowende liefde maak die vrees vinnig stil,

op hierdie reis van ek en jy: ‘n geleentheid om nie te mis.

 

“Die storm het gaan lê, kaptein,” en die son glimlag skelm.

Vandag voel ek jou hand warm in myne; vir jou aan my sy

en ek bêre my gekreukelde padkaarte met die wete:

my reis, opsoek na jou, is uiteindelik en finaal verby.

 

© Ilka Steyn, 2016. Alle regte voorbehou.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s