‘n Handvol Sterre

Die donker daarbuite is ‘n algemene verskynsel;

dis my hart se speelplek en met my drome gevlek.

 

Die bietjie hoop is soos blomme in my hare gevleg.

Deel van die ék: my menswees, my ewige bestaan.

Dis altyd donker hier en moeilik om nie te verdwaal,

maar ek het ‘n paar sterre om te sien waar ek gaan.

 

Met ‘n handvol helder volg ek stuk vir stuk die pad

en aanhou glo in iets groter; aanhou glo in iets beter.

 

Ek’s bang vir dié donker: die algemene verskynsel.

Maar die handvol sterre is my kompas, my lig,

sodat ek nogsteeds die hemelruim kan verf en versier

en dat hoop, vir nou (en altyd), kan groei in my geluk.

 

© Ilka Steyn, 2016. Alle regte voorbehou.

Advertisements

One thought on “‘n Handvol Sterre

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s