‘n Wonderwerk

wonderwerk _ unfailing freedom

Dis ‘n oomblik vasgevang; vir altyd geëts in my hart –

die oomblik toe ek jou vashou vir die eerste keer.

En van al die dinge wat my hande in die lewe moes dra,

is jy by vêrre die beste en nog meer.

 

Ons was al verlief op jou voor ons jou geken het;

verlief op jou toe jy nog net ‘n droom was.

En hier is jy nou, styf toegedraai in ‘n kombers.

Iets besonders en spesiaal soos ‘n uitgekose bybelvers.

 

Ek verstaar my aan jou; verstom in hierdie oomblik,

tewyl ek jou nader aan my hart vasdruk.

En ek dink hoe jou klein armpies nog drukkies gaan uitdeel

en hoe jy in die tuin jou handjies vol modder gaan speel.

 

Saam jou gaan ons die lewe aanpak en groot droom,

terwyl ons elke herinnering om ons harte soom.

En soos ek in hierdie oomblik met verwondering na jou kyk,

sien ek weer die groot wonderwerk in jou klein, perfekte lyf.

 

© Ilka Steyn, 2017. Alle regte voorbehou.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s