‘n Wonderwerk

Dis ‘n oomblik vasgevang; vir altyd geëts in my hart – die oomblik toe ek jou vashou vir die eerste keer. En van al die dinge wat my hande in die lewe moes dra, is jy by vêrre die beste en nog meer.   Ons was al verlief op jou voor ons jou geken het; … More ‘n Wonderwerk

‘n Goue Herfs

Met Herfs wat nader kruip, word ek herinner aan my kinderdae en hoe die verandering van die natuur se kleure, keer op keer, my hart steel. Ek bly verstom deur die skoonheid wat gepaard gaan met bome wat afskeid neem van hulle blare; hulle einde wat lei na ‘n nuwe begin.   As iemand wat … More ‘n Goue Herfs

Laaste Herfs-soen

In die oomblik van sterf; in sy oomblik van einde, dra hy meer goud in sy hande as enige ander. Mooi pronk hy die skoonheid van sy lang jare, dig gevul met die goue lig in sy laaste van dae. Sy hele wese ontplof met ‘n reënboog van kleure, stewig geplant in die aarde; gevestig … More Laaste Herfs-soen

Jou Digkuns

Die alfabet van jou liggaam se lyne, kan bladsye vol skryf met jou poësie oor die rym van jou ewige sonskyn, verlange velde; herhaling van refrein.   Jou verskuilde gedagtes is my biblioteek, vol met boeke wat my vashou in jou greep. Nooit sal ek ophou lees aan jou menswees, dié idee van jou: metafoor … More Jou Digkuns

Oorlogsvlerke

Met haar sonskyn-glimlag vind sy haar pad, soos die vuur van hoop binne haar brand. Die stormsee is weg gesteek in haar hare en sy weet, ‘n vegtersgees klop in haar are.   Opgewonde bou sy nuwe drome met woorde, ken geen perke: die kreatiwiteit in al sy soorte. Haar vrees haar kompas; gereed en … More Oorlogsvlerke

Geen Meer as Niks

Vasgevang in jou weergawe van ‘n wêreld en oortuig deur die leuens wat jy smokkel; onbewus hoe jou woorde my laat verbrokkel. Jy’s die dief van alledaagse vrede en geluk.   Plastiek van vriendelikheid; ‘n wrede bottel gif: jy’s een mens geverf en geweef van ‘n klug. ‘n Pes wat alleen rond dwaal met haar … More Geen Meer as Niks

Wat Is ‘n Ouma?

‘n Ouma is ‘n wonderbaarlike vrou. Sy is ‘n kombinasie van liefde, omgee en lag. Sy oorsien ons foute, moedig ons drome aan en herinner ons dat ons kan.   ‘n Ouma het die waarde van ‘n vriend en die sagmoedigheid van ‘n ma. Sy is iemand wat ons elke dag in ons harte dra. … More Wat Is ‘n Ouma?

‘n Handvol Sterre

Die donker daarbuite is ‘n algemene verskynsel; dis my hart se speelplek en met my drome gevlek.   Die bietjie hoop is soos blomme in my hare gevleg. Deel van die ék: my menswees, my ewige bestaan. Dis altyd donker hier en moeilik om nie te verdwaal, maar ek het ‘n paar sterre om te … More ‘n Handvol Sterre

Buite My Venster

Soggens waai die boom daar buite die venster vir my, terwyl die wind my weer herinner van ons nuwe dae. Daar’s skelm soentjies van reëndruppels op die gras: ‘n teken dat ons verlange vriend gisteraand hier was.   Vandag skryf ek weer ‘n brief van blomme en drome, sodat jy vir altyd onthou van my … More Buite My Venster