Tikmasjien-hart

Jy is meer as ‘n herinnering in my tikmasjien-hart. Jy is oomblikke om te onthou; ‘n gedagte wat brand. Dit is hoekom ek graag jóu wil teken met my woorde en helder inkleur met rym en metafore. En om jou vas te vang op papier is hoe ek jou vashou, sodat elke saam-lag styf en … More Tikmasjien-hart

‘n Wonderwerk

Dis ‘n oomblik vasgevang; vir altyd geëts in my hart – die oomblik toe ek jou vashou vir die eerste keer. En van al die dinge wat my hande in die lewe moes dra, is jy by vêrre die beste en nog meer.   Ons was al verlief op jou voor ons jou geken het; … More ‘n Wonderwerk

Laaste Herfs-soen

In die oomblik van sterf; in sy oomblik van einde, dra hy meer goud in sy hande as enige ander. Mooi pronk hy die skoonheid van sy lang jare, dig gevul met die goue lig in sy laaste van dae. Sy hele wese ontplof met ‘n reënboog van kleure, stewig geplant in die aarde; gevestig … More Laaste Herfs-soen

Met die Sekelmaan

  Ek voer laat-aand gesprekke met die sekelmaan, vertel hom van my drome se donker waters en suutjies kruip die gety van gedagtes nader. Angsbevange in hierdie oomblik van my stilte, want ek weet, my siel, nog altyd jou hemelruim wat vir jou soos sterre skyn met helder hoop.   Ek verlang na laat-aand gesprekke … More Met die Sekelmaan