Tikmasjien-hart

Jy is meer as ‘n herinnering in my tikmasjien-hart. Jy is oomblikke om te onthou; ‘n gedagte wat brand. Dit is hoekom ek graag jóu wil teken met my woorde en helder inkleur met rym en metafore. En om jou vas te vang op papier is hoe ek jou vashou, sodat elke saam-lag styf en … More Tikmasjien-hart

Geen Meer as Niks

Vasgevang in jou weergawe van ‘n wêreld en oortuig deur die leuens wat jy smokkel; onbewus hoe jou woorde my laat verbrokkel. Jy’s die dief van alledaagse vrede en geluk.   Plastiek van vriendelikheid; ‘n wrede bottel gif: jy’s een mens geverf en geweef van ‘n klug. ‘n Pes wat alleen rond dwaal met haar … More Geen Meer as Niks

‘n Handvol Sterre

Die donker daarbuite is ‘n algemene verskynsel; dis my hart se speelplek en met my drome gevlek.   Die bietjie hoop is soos blomme in my hare gevleg. Deel van die ék: my menswees, my ewige bestaan. Dis altyd donker hier en moeilik om nie te verdwaal, maar ek het ‘n paar sterre om te … More ‘n Handvol Sterre

Buite My Venster

Soggens waai die boom daar buite die venster vir my, terwyl die wind my weer herinner van ons nuwe dae. Daar’s skelm soentjies van reëndruppels op die gras: ‘n teken dat ons verlange vriend gisteraand hier was.   Vandag skryf ek weer ‘n brief van blomme en drome, sodat jy vir altyd onthou van my … More Buite My Venster

Die Afrikaanse Alfabet

Afrikaans is veelsinnig, romanties en die sê van “dankie”. Hoe lyk jou Afrikaans? Hier is my Afrikaans vasgevang in ‘n alfabet van A tot Z – vir Afrikaans.com. Kyk en geniet! Hou jy van wat jy sien? Stem asseblief hier!

Lente-liefde

Soggens loer die son, opgewonde en nuuskierig: wat het hierdie dag, van onbekende, in stoor? En die natuur warm gretig hulle stemme op, elkeen op hulle merke – gereed om te bekoor.   Dit is uiteindelik lente; my koue winter is verby. Verlangde vertroue het ek vandag in jou gevind, toe jy my herinner van … More Lente-liefde